Search This Blog

YouTube
Google+
Facebook
Twitter
Without books the development of civilization would have been impossible. They are the engines of change, windows on the world, ''Lighthouses'' as the poet said ''erected in the sea of time.'' They are companions, teachers, magicians, bankers of the treasures of the mind. Books are humanity in print. 
Arthur Schopenhauer

AFRIKAANSE BOEKE

Op hierdie blad sal u 'n reeks topverkoper boeke in Afrikaans vind. Nuwe vrystellings van bekende Suid-Afrikaanse uitgewers word ook gereeld bygewerk, asook boeke wat nie algemeen in boekwinkels te vinde is nie.

Vars inligting word gereeld bygewerk op hierdie blad, so kom besoek dus gereeld!




Kalahari Topverkopers

Onse Vaders

Plaasmoord

Die Blou Van Onthou

Wolwedans in Die Skemer

Bloedsusters

Niklaas Van Rensburg: Die Siener


Kliek hier vir Afrikaanse Boeke op Amazon.com


Verdeelde land: Hoe die oorgang Suid-Afrika faal
Datum Vrygestel: 03 Maart 2014


Verdeelde land: Hoe die oorgang Suid-Afrika faal

Suid-Afrika is een van die lande ter wêreld met die grootste gapings tussen arm en ryk. Sampie Terreblanche wys in hierdie insiggewende boek daarop hoe hierdie tendens veral sedert die ANC se oorname net vererger het. Dié onrusbarende gaping is steeds aan die vergroot – wat niks goeds vir Suid-Afrika se stabiliteit en toekoms voorspel nie.

In die laaste hoofstuk spreek Terreblanche spesifiek Afrikaanse lesers aan in sy oproep vir verandering in Suid-Afrika waarby nie net die armstes nie, maar ook die middelklasse en sakemense sal baat. Sy analise is insiggewend en verreikend, en elke Suid-Afrikaner hoort daarvan kennis te neem.



Skrywer: Sampie Terreblanche
ISBN: 9780624067399
Prys (insl. BTW): R 180.00
Formaat: Sagteband, 180pp
Bestel aanlyn: Kalahari.com


Die Verhaal van Lewe & die Omgewing: 'n Afrika-perspektief
Vrygestel: Julie 2013


Die Verhaal van Lewe & die Omgewing: 'n Afrika-perspektief

Die Verhaal van Lewe & die Omgewing: ’n Afrika-perspektief handeloor die brose wonder van lewe. Dit is ’n viering van die Aarde se ryke,wonderlike verskeidenheid – die spesies, bevolkings, gemeenskappe enekostelsels wat ons omring – en van die natuur se veerkragtigheid. Ditvertel van die drie hoofekostelsels: varswater, oseane en land, en al dielewe wat hulle in en om Afrika onderhou. Dit bespreek evolusie en dieeindeloos vertakkende boom van lewe; hoe stelsels werk, hoe bevolkingstoeneem en afneem, en hoe al die elemente van lewe op mekaar inwerk.

En dit vertel die verhaal van die oorsprong van die mens in Afrika,en hoe ons tot moderne mense ontwikkel het. Die boek waarsku teenons menslike invloed op die planeet en die vinnige klimaatsveranderingwat dit aanhelp, asook teen massiewe oorbenutting en die uitputtingvan hulpbronne. Die boek gaan ook oor verantwoordelike beplanningen bestuur van ons omgewing en natuurlike hulpbronne om skade teherstel en volhoubaarheid te verseker. Dit is die verhaal van lewe en dieomgewing in Afrika. - [Bron]

KLIEK HIER om die webwerf te besoek.

ISBN: 9781770075863
Uitgewer: Random Struik
Prys (insl. BTW): R 182.00
Bestel aanlyn: Kalahari.com


So was dit – Stories van gister en vandag
Datum Vrygestel: 23 April 2013


So was dit – Stories van gister en vandag

So was dit beskryf ’n plattelandse leefwêreld waar eenvoud en outydse waardes die botoon voer. Die verhale is propvol enigmatiese karakters, vreemde gebeure en stofpaaie na afgeleë plase.

Die versameling aangrypende en humoristiese stories dokumenteer nie net ’n wêreld wat vinnig aan die verdwyn is nie, maar beskryf ook die menslike kondisie. Op die oppervlak gaan dit dalk oor windpompe, skuurdanse, aande deurgebring om Aga-stowe, Boerejode in die Hantam, mooi ou motors en vakansies by die see. Maar in werklikheid spreek dit universele temas aan soos liefde, armoede, vriendskap, sterflikheid en ouerskap. Die skrywer se breë verwysingsraamwerk en wye ervaringsveld as deurwinterde joernalis voeg unieke insigte en grativas by al die verhale.

Met titels soos “’n Mooi en lekker begrafnis”, “Die Ondervelders gaan stad toe” en “Vier vryers en 13 pap wiele” is die leser verseker van ’n besonder genotvolle leeservaring.

Johan van Wyk is ’n gesoute joernalis wat die afgelope paar jaar gereeld artikels vir Weg, Landbouweekblad, By en rubrieke vir Die Burger se “Van alle kante” bydra. In sy loopbaan van 38 jaar het hy onder meer die gewilde “Stop van Myne”-rubriek in Volksblad geskryf en ’n groot aanhang in die Vrystaat opgebou. Danksy sy potjiekos-rubriek vir Beeld is hy ook in Gauteng bekend.

Hy was redakteur van The Herald op George en het ook by Die Suidwester in Windhoek gewerk. Die FAK se Prestige-prys vir uitnemende Afrikaanse joernalistiek is in 1992 aan dié boorling van Calvinia toegeken.

ISBN: 9780624055839
Prys (insl. BTW): R 165.00
Formaat: Sagteband, 240pp
Bestel aanlyn: Kalahari.com


Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902

Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902

Saamgestel deur AWG Raath (Universiteit van die Vrystaat) en Elria Wessels (Oorlogsmuseum van die Boererepublieke)

Onthou! bied die leser ʼn intense blik op die smartryke lyding van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog.

In die proloog word die ontstaan van die Britte se verskroeideaardebeleid, wat onder meer die oprigting van konsentrasiekampe ingesluit het, sowel as die rol van die Pro- Boere-beweging in Brittanje ondersoek. Dit word opgevolg deur 20 hoofstukke waarin onder meer die geannoteerde verhale van meer as 30 vroue wat self die kampe beleef het, vertel word. Die derde deel van die boek bevat ʼn insiggewende geskiedenis van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein wat in 2013 reeds 100 jaar oud sal wees. Die monument ter herinnering aan die nagenoeg 27 000 Boere-vroue en -kinders wat in die konsentrasiekampe oorlede is, is in Desember 1913 onthul.

Met meer as 200 foto’s, waarvan nagenoeg 80% nog nooit voorheen gepubliseer is nie, is Onthou! ʼn uitsonderlike versamelstuk. Dit is die vyfde boek in Kraal Uitgewers se Erwe van ons Vaad’re-reeks.

Besoek Kraal Uitgewers vir meer inligting en bestellings.


‘n Nuwe Afrikaanse Roman – Maart 2013
Karretjiemense

Karretjiemense

Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is, wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting draai – die één plek wat Muis nooit weer wil sien nie, want dit is hier waar die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry.

Klein Witpop is opgewonde. Dalk kan sy nou televisie kyk en skool toe gaan. Haar broer Fansie hoop daar sal meer kos vir hom en hul babasussie Sponsie wees. Maar die duiwel is los in Leeu-Gamka en hulle moet desperaat vlug op hul karretjie. Sonder dokumente wat wys jy bestaan, kan die polisie jou nie veel help nie.

In Carol Campbell se senutergende roman word die onsigbare en nomadiese karretjiemense van die Groot-Karoo op spanningsvolle wyse op die voorgrond geplaas.
“Dit is een van die hartverskeurenste stories wat ek in ’n lang tyd gelees het. Saam met die blote menslikheid van die verhaal, is daar die spanning wat by tye byna ondraaglik is, en ek moes myself keer om nie einde toe te blaai nie.”
– Mike Nicol

Ook in Engels beskikbaar: My Children have Faces


Uitgereik – 5 Maart 2013
’n Nuwe wildernis

Ben Viljoen

Op Oshikango naby die grens tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika breek die hel los...

'n NUWE WILDERNIS

Hierdie rou, eerlike verkapte roman bied ’n blik op die ervarings van ’n groep soldate tydens en ná die grensoorlog in die destydse Suidwes-Afrika. Die gebeure strek van die aanvang van die oorlog in die vroeë jare sewentig, deur die sogenaamde derdemagbedrywighede wat die Suid-Afrikaanse politieke oorgang voorafgegaan het, tot aan die vooraand van die WVK. Op jong soldate soos Cassie Carstens, Leo Steyn en Khanda Mahlatini laat die verskrikking, ontnugtering en absurditeit van die oorlog en die verwoestende nadraai daarvan letsels wat hul lewens onherroepelik verander.

Uitgewer: Human & Rousseau


Treurgrond
Die realiteit van plaasaanvalle

Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle

Die lankverwagte tweede uitgawe van Kraal Uitgewers se boek Treurgrond is binnekort beskikbaar en bestellings kan nou geplaas word. Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990 tot 2012 volg op sy voorganger wat in 2011 uitgereik is. Meer as 3 300 plaasaanvalle – sowat 700 meer as in die vorige boek – is nou in Treurgrond opgeteken.

Die boek is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R350 (R40-posgeld uitgesluit). Om die boek te bestel SMS “TREUR” na 34388 of stuur ʼn e-pos na kraal@solidariteit.co.za

Die volgende bemarkings-video vir Treurgrond was uitgereik deur AfriForum:



'n Nuwe Vrystelling deur Lapa Uitgewers:
Oor mense en hoop

Rilette Meyer

Oor mense en hoop

Meyer het onderhoude gevoer met mense wat baie ernstig gestruikel het, hetsy deur eie toedoen, die noodlot of die gemeenskap se blinde vooroordele. In die meeste van hierdie gevalle is daar hoop, of ten minste begrip. In enkele gevalle helaas nie. Maar hoop is ’n realistiese ding, want uitkoms begin by die mens wat kop aan kop met die noodlot gebots het.